gewildstegedigte.litnet.co.za » Totius

Vergewe en vergeet
Dat gij niet vergeet de dingen die uwe Ogen gezien hebben – DEUT. 4:9

Daar het ’n doringboompie

vlak by die pad gestaan,

waar lange ossespanne

met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlanges

’n ossewa verby,

wat met sy sware wiele

dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos, doringstruikie,

my ander dag gekrap;

en daarom het my wiele

jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer

agter ’n heuweltop,

en langsaam buig die boompie

sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;

sy bassies was geskeur;

op een plek was die stammetjie

so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie

weer stadig reggekom,

want oor sy wonde druppel

die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare

die wonde weggewis –

net een plek bly ’n t e k e n

wat onuitwisbaar is.

Die w o n d e word gesond weer

as jare kom en gaan,

maar daardie m e r k word groter

en groei maar aldeur aan.

Repos ailleurs
In die eensame veld

staan ’n tentjie klein,

en daarnaas in die skeemring

skuif die ligtende trein;

ek sien in die tentjie,

deur die oop gordyn,

’n tafel met bordjies

en glasies fyn,

wat sag in die lig

van die kersie skyn,

en ek dag: “Was ek net

in die tentjie klein,

ek sou tog o so gelukkig syn.”

Naas die eensame tent

staan ’n meisie klein,

in stomme bewond’ring

van die ligtende trein;

sy sien my geniet

my glansende wyn

en kost’like maal

by elektriese skyn;

en ek raai die gedagte

van die meisie klein:

“Ag, was ek maar net

in die vrolike trein,

ek sou tog o so gelukkig syn.”

o Die pyn-gedagte
o Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .

dit brand soos ’n pyl in my.

Die mense sien daar niks nie van,

en die Here alleen die weet wat ek ly.

Die dae kom en die nagte gaan;

die skadu’s word lank en weer kort,

die drywerstem van my werk weerklink,

en ek gaan op my kruisweg vort.

Maar daar skiet aldeur ’n pyn in my hart,

só, dat my lewe se glans verdwyn:

Jou kind is dood met ’n vreeslike dood!

en – ek gryp my bors van die pyn.

o Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,

één straal het jou hele liggaam verskroei,

maar bliksemstrale sonder tal

laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer soos ’n vlindertjie,

sy ’t lugtig omheen geswerf;

’n asempie wind kon haar vlerkies breek

en – kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,

dis één uit die tienduisend-tal,

en ag! dat dit sy was en ek moes sien

dat sy dood in my arms val!

o Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .

dit brand soos ’n pyl in my;

die mense die sien daar niks nie van,

en die Here alleen die weet wat ek ly.

Psalm 8
Daar is geen land so ver of woes geleë,

geen strand, o Heer, of wilde waterweë,

geen hemelsfeer in die oneindigheid –

of orals blink u Naam en majesteit.

U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,

uit kindertaal en stem van suigelinge

u mag gegrond, sodat die mens moet swyg

wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.

As ek, o Heer, u nagtelike hemel

daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;

hoe, deur U toeberei, die skugter maan

met stille gang oor sterrevelde gaan –

wat is die mens dan dat U hom gedenk het,

die mensekind wat U so ryk beskenk het!

Met eer en heerlikheid is hy gekroon,

skaars minder as die eng’le om u troon.

U laat hom heers. Tot aan die verste strande

gebied hy oor die werke van u hande.

U het, o Heer, dit onder hom gestel,

dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.

Die os en skaap en wat in wildheid lewe,

die voëls wat deur hoë lugte swewe,

al wat deurkruis die paaie van die see –

tesaam het U dit in sy mag gegee.

Ja, daar’s geen land so ver of woes geleë,

geen strand, o Heer, of wilde waterweë,

geen hemelsfeer in die oneindigheid –

of orals blink u Naam en majesteit.

Die wêreld is ons woning nie
Die wêreld is ons woning nie.

Dit merk ek aan die son wat wyk,

en ’k merk dit aan die reier wat

mistroostig na die son sit kyk

op een been, in die biesiesvlei.

En is die laaste strale weg,

dan rys ’n koue op uit dié vlei.

’n Koue gril deurhuiwer my;

en ’k sien dit dan aan alle ding

wat in die skemer my omring,

die wêreld is ons woning nie.

Die wêreld is ons woning nie.

Dit sien ek as die bloedrooi maan,

van agter veldstof opgegaan,

nog net die kerk se dak bestryk

vanwaar ’n uil, mistérie-stom,

sit na die maan se skyf en kyk.

En nou dit stil word op die straat,

dink ek hoedat die middag laat

’n lykstoet uitgekom het daar

waar nou die maan en uil ontmoet.

En ’k merk dit dan aan alle ding

wat in die aandstond my omring,

die wêreld is ons woning nie.

Die wêreld is ons woning nie.

Dit voel ek as die wind ontwaak,

as die eikebome knars en kraak,

dit hoor ek in die fladdering

van voëltjies wat hul vlerke slaan

teen die verwarde boomtakke aan.

En as ek nader kom dan vind

ek by die maan se wisselstraal

’n nes vol kleintjies deur die wind

omlaaggeslinger, dood, verplet.

Ek voel dit dan aan alle ding

wat in die nagstond my omring,

die wêreld is ons woning nie.

Die Godsbesluit
Voor die onheilswoning en

tussen die skaars-beblaarde

soetdorings staan, ’n droë aarde

maar lowergroen en blink van blad,

die wag-’n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien

ek dorings krom en reg;

’k sien takke inmekaar gedraai

en deurmekaar gevleg.

En wil ek in die blare gryp

of aan die takke breek,

dan tas ek in ’n doringnes

wat vreeslik haak en steek.

Bo al u donker bome, o Heer,

groei my ’n enk’le reusboom uit:

dit is die wag-’n-bietjie-bos

van u besluit.

Van ver so skoon, so groen, so blink . . .

maar hoe verward

wanneer ek dieper kyk en dink

as wat ’n sondaar pas.

En steek ek dan my hande uit

na u besluit,

dan gryp ek in die dorings vas.